Description
Skrywer: Karelien Kriel
Aantal bladsye: 218 (boek) + 128 (memo)
Aantal aktiwiteite: 24
Tipe boek: HANDBOEK (invul aktiwiteitsboek) wat die hele kwartaal se CAPS werk dek
Filosofie: Thinking Tools
Uitdruk: rug-aan-rug en bind met ringbinder (1 boek) of gebruik krammasjien (maak 2 pakke)
Aktiwiteit 1: heelgetalle; getalwaarde en plekwaardes van 9-syfer getalle; brug-dinkkaarte; boom-dinkkaart; priemgetal; saamgestelde getal; grootste getal; kleinste getal
Aktiwiteit 2 – 3: heelgetalle; afnemende en toenemende orde; rond af na die naaste 5, 10, 100 en 1 000; hakies-dinkkaart; boom-dinkkaarte
Aktiwiteit 4: verdubbel en halveer getalle in brug-dinkkaarte
Aktiwiteit 5: heelgetalle; veelvoude en faktore; hakies-dinkkaart; eienskappe van 0 en 1; getalpatroon – voltooi die getallemuur
Aktiwiteit 6 – 9: heelgetalle; vermenigvuldig 4-syfer getalle met 2-syfer getalle; stappe; multi vloei-dinkkaarte; boom-dinkkaarte; vermenigvuldig in kolomme; stappe; hakies-dinkkaart; kompensering; woordprobleme
Aktiwiteit 10: meting – 3D-voorwerpe; kubus; reghoekige prisma; silinder; sfeer; keël; hakies-dinkkaart; plat en ronde vlakke; verskillende piramiedes; verskille en ooreenkomste tussen tetrahedriese piramiedes en ander piramiedes in ‘n dubbel-borrel-dinkkaart; trek lyne van simmetrie
Aktiwiteit 11 – 14: Meetkundige en getalpatrone; prente; tabelle; insetwaardes, uitsetwaardes, reël; getalsinne; werk vorentoe en terugwaarts; vloei-dinkkaarte; teken nog patrone; toenemende en afnemende patrone; gevolgtrekkings
Aktiwiteit 15 – 16: heelgetalle; deling; deel 4-syfer getallle deur 1- en 2-syfer getalle; stappe; multi vloei-dinkkaarte; met en sonder ‘n res
Aktiwiteit 17 – 18: heelgetalle; deling in kolomme (langdeling); stappe; met en sonder ‘n res; woordprobleme
Aktiwiteit 19: breuke; herlei gewone breuke na desimale breuke; boom-dinkkaarte; vermenigvuldig en deel desimale breuke met veelvoude van 10; reëls in hakies-dinkkaart; getalpatrone – voltooi die getallemure
Aktiwiteit 20: breuke; tel vorentoe en terugwaarts in desimale breuke; boom-dinkkaarte; getalwaardes en plekwaardes van desimale breuke; afnemende en toenemende orde
Aktiwiteit 21: optelling van desimale getalle; vloei-dinkkaarte; boom-dinkkaart; kolomme; stappe in hakies-dinkkaart
Aktiwiteit 22: aftrekking van desimale getalle; vloei-dinkkaarte; boom-dinkkaart; kolomme; stappe in hakies-dinkkaart
Aktiwiteit 23: optelling en aftrekking van desimale getalle; kolomme
Aktiwiteit 24: meting – volume; lees volume van produkte af; ml en l; hoeveel pas in; skale met intervalle (boom-dinkkaarte); eenhede; metingstrumente; herlei; brug-dinkkaarte