Description
Skrywer: Karelien Kriel
Aantal bladsye: 100 (boek) + 40 (memo)
Aantal aktiwiteite: 44
Tipe boek: HANDBOEK (invul aktiwiteitsboek) wat die hele kwartaal se CAPS werk dek
Filosofie: Thinking Tools
Uitdruk: rug-aan-rug en bind met ringbinder (1 boek) of gebruik krammasjien (maak 2 pakke)
Inligting ten opsigte van metodes in hierdie boek gebruik is:
- Ek kon nie Thinking Tools metodes gebruik nie, aangesien Graad 1 leerders nog nie kan lees en behoorlik in die eerste kwartaal kan skryf nie.
- Ek het deurgaans baie van prentjies gebruik gemaak om konsepte tuis te bring.
- Onderwysers en ouers moet egter onthou dat julle ALTYD in Graad 1 konkrete voorwerpe (fisiese voorwerpe soos klippies, blokkies, karretjies, albasters, ensovoorts) moet gebruik SAAM met die geskrewe aktiwiteit.
- Graad 1 se fokus, veral in kwartaal 1, fokus baie op konkreet.
- Alle prentjies is in swart en wit, sodat leerder dit kan inkleur.
Aktiwiteit 1: 1; kleur in; trek getalsimbool na; teken nog 1 vorm by in elke ry (sirkels, driehoeke en vierkante)
Aktiwiteit 2 1; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool en getalnaam na; soek 1 insek wat dieselfde as die insek in die eerste blok lyk en kleur dit in
Aktiwiteit 3: 2; kleur in; trek getalsimbool na; gister, vandag en môre
Aktiwiteit 4: 2; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool en getalnaam na; soek 2 vorms wat dieselfde as in die eerste blok lyk en kleur hulle in (sirkels, driehoeke, vierkante en harte)
Aktiwiteit 5: 2; teken nog 2 vorms by in elke ry (sirkels, driehoeke en vierkante); kleur in; omkring vorm wat muis se neus is
Aktiwiteit 6: 3: kleur in; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool en getalnaam na
Aktiwiteit 7: 3; soek 3 vorms wat dieselfde lyk en kleur hulle in (sirkels, driehoeke, vierkante en harte); kleur al die driehoeke op die vlieër in en trek die woord “driehoek” na.
Aktiwiteit 8: optelling 0 – 3; prente en vrae; woord “altesaam”
Aktiwiteit 9: aftrekking 0 – 3; prente en vrae; vraag “hoeveel bly oor”
Aktiwiteit 10: 4; kleur in; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool en getalnaam na
Aktiwiteit 11: 4; kleur 4 vorms in elke ry in (sirkel, ovaal, driehoek, vierkant en hart); kleur vierkante in en trek die woord “vierkant” na
Aktiwiteit 12: 5; kleur in; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool en getalnaam na
Aktiwiteit 13: 5; kleur 5 vorms in elke ry in; (sirkel, ovaal, driehoek, vierkant en hart); teken hand en skryf 1 – 5 by vingers neer
Aktiwiteit 14: optelling 0 – 5; prente en vrae
Aktiwiteit 15: aftrekking 0 – 5; prente en vrae
Aktiwiteit 16: optelling 0 – 5; prente en vrae; 1 meer
Aktiwiteit 17: aftrekking 0 – 5; prente en vrae; 1 minder
Aktiwiteit 18: 6; kleur in; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool en getalnaam na
Aktiwiteit 19: 6; Watter blokke bevat 6 groente? Kleur daardie groente in; kleur by in en maak 6 pote elkeen ‘n ander kleur
Aktiwiteit 20: 7; kleur in; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool en getalnaam na
Aktiwiteit 21: 7; Watter blokke bevat 7 visse? Kleur daardie visse in; kleur die 7 sirkels op die ruimtetuig in en trek die woord “sirkel” na.
Aktiwiteit 22: 8; trek die 8 met verskillende kleure potlood of kryt oor en oor; kleur in; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool na
Aktiwiteit 23: 8; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool en getalnaam na; teken nog vorms totdat daar 8 vorms in elke kolom is (sirkel, driehoek en vierkant)
Aktiwiteit 24: 9; kleur in; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool en getalnaam na
Aktiwiteit 25: 9; kleur 9 vierkante in elke blok in; kleur 9 kinders in.
Aktiwiteit 26: optelling 0 – 9; prente en vrae; 2 meer
Aktiwiteit 27: aftrekking 0 – 9; prente en vrae; 2 minder
Aktiwiteit 28: 10; kleur in; tel die aantal sirkels; trek getalsimbool en getalnaam na
Aktiwiteit 29: tel; 0 – 10; prente; trek getalle na; omkring die een wat nie pas nie; hoekom pas dit nie
Aktiwiteit 30: getalname en getalsimbole van 0 – 10: trek na
Aktiwiteit 31: optelling 0 – 9; prente en vrae; 3 meer
Aktiwiteit 32: aftrekking 0 – 9; prente en vrae; 3 minder
Aktiwiteit 33: lengte: kortste en langste; spoed en rangorde: vinnigste en stadigste; massa: swaarste en ligste; aantal: minste en meeste
Aktiwiteit 34: rangskik die balle van klein na groot; klap jou hande terwyl julle saam die dae van die week sê
Aktiwiteit 35: teken aantal sirkels wat deur getalnaam en getalsimbool gegee is en trek die getalsimbool na; 0 – 20
Aktiwiteit 36: tel vorentoe; 0 – 20; wurms; getalleblok
Aktiwiteit 37-38: tel terugwaarts: 20 – 0; vuurpyl; wurms; getalleblok; gebruik die getalle op jou liniaal om op te tel en af te trek; + 1; – 1; + 2; – 2
Aktiwiteit 39: 0 – 10; voor, tussen en na; meer as; minder as; som van
Aktiwiteit 40: volume; leeg en vol; prente;
Aktiwiteit 41: volume; glase water en damme van leeg na vol; teken 6 sirkels op elke kant van die kewer se lyf; kleur in
Aktiwiteit 42: Meetkundige patrone waar daar 2 vorm per patroon is; teken nog 2 patrone in die ry; sirkel, driehoek, vierkant
Aktiwiteit 43: Meetkundige patrone waar daar 3 vorm per patroon is; teken nog 1 patroon in die ry; sirkel, driehoek, vierkant
Aktiwiteit 44: datahantering; knip-en-plak aktiwiteit; piktogram; vrae